Ledevoordele

Produkte

Pro-Active_300x300px
Proactive Padel

Proactive Padel

proactivepadel.com

AfriForum-lede kwalifiseer vir 50%-korting op padelbaanbesprekings deur die Playtomic-toep.

Afslagtarief vir AfriForum-lede: R200 vir 60 minute vir vier spelers.

  • Irene Buiteklub
    • Slegs Maandag tot Donderdag 06:00 tot 16:00 en slegs baan vier(laaste bespreking om 15:00)
    • Sondag – uitgesluit
  • Wingatepark Buiteklub
    • Maandag tot Donderdag 06:00 tot 16:00 en slegs baan vier(laaste bespreking om 15:00)
    • Spesiale reëling slegs vir Vrydagaande van 17:00 tot 21:00 en slegs van toepassing op baan vier by Wingate Buiteklub op dié aand. Bel Proactive Padel se padelsentrum by Wingate Buiteklub, indien baan vier óp die Vrydagaand beskikbaar is, bespreek baan vier, betaal per EFT en WhatsApp bewys van betaling na Wingate se padelsentrum. ’n Baanbespreking kan slegs bevestig word nadat bewys van die EFT-betaling ontvang is. Hierdie is ’n uitsondering en die baanbespreking kan nie deur die Playtomic-toep geskied nie. Baan vier kan slegs op dié aand bespreek word (vanaf 17:00), deur met Wingate se padelsentrum te skakel. Bespreking sal afhang van die beskikbaarheid van baan vier. ’n Bespreking kan slegs bevestig word nadat die EFT-bewys van betaling ontvang is. Geen vooruitbesprekings nie.
    • Sondag 06:00 tot 16:00(50%-korting sal slegs met die bespreking van baan vier van toepassing wees, indien beskikbaar).
  • Woodhill Buiteklub
    • Maandag tot Donderdag 06:00 tot 16:00 en slegs baan vier(laaste bespreking om 15:00)
    • Sondag 06:00 tot 16:00(50%-korting sal slegs met die bespreking van baan vier van toepassing wees, indien beskikbaar)

      (Vrydag, Saterdag en openbare vakansiedae uitgesluit)
  • Die voordeel geld slegs vir besprekings op die Playtomic-toep.
  • Dit sal op ’n eerste-bespreek-eerste-bedien-basis werk. Indien die baan gedurende ’n besige tyd (teen die normale tarief) deur ’n ander proaktiewe padelkliënt bespreek is, sal hierdie 50%-baanfooi nie op die toep reflekteer wanneer ’n AfriForum-lid ’n bespreking wil maak nie en sal die baan as gevolg van hoë besetting dan nie beskikbaar wees nie.
  • ’n AfriForum-kategorie is op die Playtomic-toep beskikbaar. Slegs AfriForum-lede wat op hierdie kategorie gelaai is, sal die afslag sien.
  • Lede moet die Playtomic-toep aflaai, ’n profiel skep en dan hul Playtomic-profiel sowel as die e-posadres wat hulle gebruik het om die profiel te skep stuur na admin@proactivepadel.com sodat die afslag geaktiveer kan word.
  • Die lid sal outomaties afslag ontvang wanneer hy/sy ’n bespreking maak. Lede, laai die Playtomic-toep in jou toepwinkel af om die beskikbaarheid van bane by die klubs te sien voordat jy ’n bespreking via die toep maak.
  • Die afslag sal vir die hele baan geld en nie net vir die persoon wat die bespreking maak nie. Dus as ’n lid die baan bespreek en die “Betaal vir almal”-opsie kies – sal hy/sy R200 vir die baan per uur in plaas van R400 betaal, en kan hy/sy drie ander nie-lede ook nooi om te speel.
  • Die standaard reël van Playtomic sal geld wanneer dit kom by kansellasies, skuif van besprekings of weersomstandighede.
  • Vir drie nie-lede om die afslag te ontvang sal die AfriForum-lid die “Betaal vir almal”-opsie kies, die baan bespreek en vir al vier spelers betaal.
  • Betalings word direk deur die toep gemaak nadat kredietkaartbesonderhede op die toep gelaai is. Hierdie geld nie vir Vrydagaande se besprekings en betalings nie.
  • Besprekings mag slegs vir ’n maksimum van twee weke vooruit gemaak word.
  • Spelers mag eie spane en balle saambring.
  • Spane kan wel gehuur word teen R50/spaan en ’n houer balle kan vir R150 gekoop word. Spaanhuur en balaankope moet by die padelsentrum betaal word. Geen kontantbetalings nie. Slegs krediet- en debietkaarte word aanvaar.
  • Geen korting bo-op korting nie (indien Proactive Padel ’n spesiale baankortingpromosie van bv. 50% aanbied, sal die hoogste waarde afslag geld en nie ’n kombinasie van die promosie en die ledevoordeel (50%-korting vir AfriForum-lede) nie.

Dankie dat jy omsien na jou welstand!

Besprekings kan ’n maksimum van twee weke vooruit gemaak word.

Lede moet die Playtomic-toep aflaai, ’n profiel skep en dan hul Playtomic-profiel sowel as die e-posadres wat hulle gebruik het om die profiel te skep, stuur na admin@proactivepadel.com sodat die afslag geaktiveer kan word.

’n AfriForum-lid moet die “Betaal vir almal”-opsie kies, die baanbespreking doen, vir al vier spelers betaal en die drie ander spelers uitnooi om te speel.

Betalings word deur die toep gemaak. Kredietkaartbesonderhede moet gelaai word (Vrydagaandbesprekings uitgesluit).

Om ’n spel te herskeduleer moet die betrokke padelsentrum geskakel word 24 uur voordat die spel sou begin. Let op die bepalings en voorwaardes soos van toepassing op die Playtomic-toep.

Spesiale reëling slegs vir Vrydagaande van 17:00 tot 21:00 en slegs van toepassing op baan vier by Wingate Buiteklub op die aand. Bel Proactive Padel se padelsentrum by Wingate Buiteklub op die Vrydagaand, indien baan vier op die Vrydagaand beskikbaar is, bespreek baan vier, betaal per EFT en WhatsApp bewys van betaling na Wingate se padelsentrum. ’n Baanbespreking kan slegs bevestig word nadat bewys van die EFT-betaling ontvang is. Hierdie is ’n uitsondering en Vrydagaande se baanbesprekings kan nie deur die Playtomic-toep geskied nie. Baan vier kan slegs op dié aand bespreek word (vanaf 17:00), deur met Wingate se padelsentrum te skakel. Besprekings sal afhang van die beskikbaarheid van baan vier. Geen vooruitbesprekings nie.

Proactive Padel@Wingate Park Buiteklub
Tel.: 065 532 1590 of 012 997 1312
Adres: Norvalstraat 539, Wingatepark, Pretoria

Bankbesonderhede:
Padel at Wingate (Pty) Ltd
FNB
Rekeningnommer: 63050218940
Takkode: 210529
Taknaam: Irene Mall Service Centre
Verwysing: AFRI+voorletter+van

Proactive Padel@Woodhill Buiteklub
Tel.: 079 137 1743 of 010 972 0015
Adres: Woodhillrylaan 1143, Garsfontein, Pretoria

Bankbesonderhede:
Proactive Padel Woodhill (Edms.) Bpk.
FNB
Rekeningnommer: 63068982397
Takkode: 210529
Taknaam: Irene Mall Service Centre
Verwysing: AFRI+voorletter+van

Proactive Padel@Irene Buiteklub
Tel.: 060 483 2543 of 012 667 1081
Adres: Mainstraat 1, Irene Buiteklub, Irene

Bankbesonderhede:
Irene Buiteklub
Standard Bank
Rekeningnommer: 011739754
Takkode: 051001
Verwysing: AFRI+voorletter+van

  • Besprekings kan ’n maksimum van twee weke vooruit gemaak word met uitsondering van Wingate se padelsentrum op ’n Vrydagaand. Dit kan slegs na 17:00 op die bepaalde Vrydag gemaak word.
  • Lede sal die Playtomic-toep moet aflaai, ’n profiel skep en dan hul Playtomic-profiel sowel as die e-posadres wat hulle gebruik het om die profiel te skep, stuur na admin@proactivepadel.com sodat die afslag geaktiveer kan word.
  • ’n AfriForum-lid moet die baanbespreking doen, vir al vier spelers betaal en hul uitnooi.
  • Betalings word slegs deur die toep gemaak en kredietkaartbesonderhede moet daarvoor op die toep gelaai word. Vrydagaande se besprekings by Wingate is uitgesluit.
  • Die Playtomic-kansellasiebeleid sal van toepassing wees. ’n Lid moet ten minste 24 uur VOORDAT die wedstryd moet begin, kanselleer. GEEN TERUGBETALING sal gegee word nie. Geen herbespreking sal toegelaat word indien die kansellasie nie voor die 24-uurtydperk gereël word nie.
  • In die geval van reën – die wedstryd kan herskeduleer word deur die betrokke padelsentrum te skakel.
  • Die spel mag slegs herskeduleer word in ’n ander AfriForum-tydgleuf waar die korting van toepassing is.
  • Spesiale reëling slegs vir Vrydagaande van 17:00 tot 21:00 en slegs van toepassing op baan vier by Wingate Buiteklub op die aand. Bel Proactive Padel se padelsentrum by Wingate Buiteklub, indien baan vier op die Vrydagaand beskikbaar is, bespreek baan vier, betaal per EFT en WhatsApp bewys van betaling na Wingate se padelsentrum. ’n Baanbespreking kan slegs bevestig word nadat bewys van die EFT-betaling ontvang is. Hierdie is ’n uitsondering en Vrydagaande se baanbesprekings kan nie deur die Playtomic-toep geskied nie. Baan vier kan slegs op dié aand bespreek word (vanaf 17:00), deur met Wingate se padelsentrum te skakel. Besprekings sal afhang van die beskikbaarheid van baan vier. Geen vooruitbesprekings nie.
  • Spelers kan hul eie spane en balle bring.
  • ’n Spaan kan ook teen R50 gehuur word en ’n houer balle kan vir R150 by die padelsentrum gekoop word. Geen kontant nie.
  • Geen funksiebesprekings sal onder hierdie korting toegelaat word nie.
  • Geleenthede/partytjies/spanboue en toernooie word NIE deur die Playtomic-toepassing bespreek nie en kry nie dieselfde afslag nie.

BEPALINGS EN VOORWAARDES GELD

VPG-gassilinders_300x300px
EPG Gas Distributors

EPG Gas Distributors

AfriForum-lede kwalifiseer vir 17%-korting op 9 kg, 19 kg en 48 kg VPG-silinderhervullings by EPG GAS DISTRIBUTORS. Vanweë die afleweringsgebied, geld die voordeel slegs vir AfriForum-lede wat in die groter Pretoria-area woonagtig is.

Aflewerings geskied gratis van Maandag tot Vrydag vir alle bestellings wat teen 10:00 op die dag geplaas én betaal is. EPG GAS DISTRIBUTORS lewer wettig gevulde en veilige LPGSA-goedgekeurde VPG-silinders en dienste aan die publiek, restaurante en klein ondernemings, en industrieë.

EPG is geregistreer by The Safe LP Gas Distributors Network of South Africa.

AfriForum-lede se registrasieblad: https://www.epggas.co.za/register-afriforum

Gebruik jou identiteits- of paspoortnommer met registrasie, of die opdatering van jou bestaande profiel om te kwalifiseer vir die korting en om die AfriForum-kortingsprys van die produkte te sien.

VPG-pryse word gereguleer en verander van maand tot maand.

Kontak EPG GAS DISTRIBUTORS (Ma.–Vr. 08:00–16:30)
Kontaknommer: 012 324 3294
WhatsApp: 071 672 2914
Webtuiste: www.epggas.co.za

(B’s en V’s geld.)

Virseker_300x300px
Virseker

Virseker

AfriForum-lede kwalifiseer vir bekostigbare premies op korttermynversekering by Virseker. Kontak Virseker by admin@sfdienste.co.za of 0861 1010 05. www.virseker.co.za

Ctrack

Ctrack

Kontak Ctrack by afriforum@ctrack.co.za of 012 450 2295 vir meer inligting oor spesiale tariewe vir lede op die CMe Backup Recovery en TX10 Secure-pakkette.  ‘n Afstandbeheer paniekknoppie is addisioneel beskikbaar slegs met die Secure opsie. www.ctrack.co.za

Kontak my

Ledevoordele promosies