Ledevoordele

Dienste

Skuldhulp
Skuldhulp

Skuldhulp

AfriForum-lede ontvang ’n spesiale aanbod op die fooie wat vir die skuldberadingsproses betaalbaar is en sal slegs 50% van die aanvangsfooie wat normaalweg betaalbaar is, betaal. Die aanbod is uitsluitlik aan lede van AfriForum beskikbaar en alle bepalings en voorwaardes geld.

Klik op die skakel vir volledige inligting: https://www.skuldhulp.co.za/afriforum-lit

DIENS
Auto Pedigree Diensentrum

Auto Pedigree Diensentrum

AfriForum-lede kwalifiseer vir 20%-korting met voertuigdienste, passings en herstelwerk by alle Auto Pedigree-dienssentrums regoor Suid-Afrika. Auto Pedigree diens petrol- en dieselaangedrewe voertuie van alle fabrikate en modelle. Kontak die dienssentrum van jou keuse telefonies vir ’n kwotasie. Bepalings en voorwaardes geld. www.autopedigree.co.za/service-centres

  • Kontant
  • Debiet- of kredietkaarte en die meeste vlootkaarte (Bevestig asb. met die dienssentrum waarheen jy jou voertuig neem.)
  • Waarborgvoorwaardes word met die lid bespreek alvorens die diens of herstelwerk begin.
  • Die waarborgperiode is gekoppel aan die tipe onderdele wat gebruik word.
  • Daar is ’n 12 maande waarborg met gebruik van OEM-onderdele.
  • Daar is ’n 6 maande waarborg met gebruik van nie-OEM-onderdele.

Auto Pedigree het dienssentrums regoor Suid-Afrika wat petrol- en dieselaangedrewe voertuie van alle fabrikate en modelle diens.
Oop – Maandag tot Vrydag 07:00–17:00
Gesluit – Saterdag en Sondag
Gesluit – Goeie Vrydag, Kersdag, Welwillendheidsdag en Nuwejaarsdag

TV
AfriForumTV-toep

AfriForumTV-toep

Vermaak. Gratis. Aanlyn.
AfriForumTV is ’n aanlyn platform waarvandaan kykers Afrikaanse inhoud van verskeie genres kan stroom. Dit bied ook ’n verskeidenheid kanale vir uiteenlopende smake wat jy met gemak op jou slimtoestel kan geniet. AfriForumTV is gratis en bied ’n registrasie-opsie vir elke gebruiker se gemaklike toegang. Die platform poog om die grootste aanlyn Afrikaanse digitale inhoudsplatform te word. Kontak AfriForumTV by navrae@afriforumtv.co.za of 012 880 1952.
www.afriforumtv.co.za

TESTAMENT
Testamentvoordeel

Testamentvoordeel

AfriForum-lede kwalifiseer vir ’n gratis testamentopstelling of -wysiging. Jy kan die testamentaansoekvorm hier aflaai. Voltooi die vorm en e-pos dit aan testament@afriforum.co.za. ’n Kundige sal jou kontak om jou testament te help opstel of wysig. Skakel 012 880 1967 vir meer inligting.

Wat om te doen wanneer ‘n geliefde sterf

Die gevolge daarvan om sonder ‘n testament te sterf

TEATER
AfriForum Teater

AfriForum Teater

AfriForum-lede ontvang 10%-korting op alle kaartjieaankope by AfriForum Teater, terwyl jy ook in jou verjaarsdagmaand ’n vedere 10%-kortingskoepon ontvang. Skakel 066 420 6181 of stuur ’n e-pos na teater@afriforum.co.za vir meer inligting. Bepalings en voorwaardes geld.
www.afriforumteater.co.za

911
AfriForum 911-Nooddiens

AfriForum 911-Nooddiens

Die AfriForum 911-noodknoppietoep|www.afriforum911.co.za
Kliëntediens (toepnavrae): 010 312 5790 (weeksdae 08:00 tot 17:00)
E-posadres: afriforum911@afriforum.co.za

SAKENETWERK
AfriForum Sakenetwerk

AfriForum Sakenetwerk

AfriForum-lede ondersteun mekaar. Besoek www.afriforumsakenetwerk.co.za om deel van die AfriForum Sakenetwerk-ondernemingsgids te word. Kontak AfriForum Sakenetwerk by 086 10 200 30 (bylyn 246 of 248) of netwerk@afriforum.co.za.

SPORT
AfriForum Sport

AfriForum Sport

Sport is deel van wie ons is. Sport sal altyd ’n kernelement in ons gemeenskappe bly. Die fokus is om sporthulpbronne vir ons lede toeganklik te maak deur vennootskappe te sluit met sportverskaffers wat hul produkte en dienste teen laer tariewe aan ons lede bied. Kontak AfriForum Sport by sport@afriforum.co.za of 086 10 200 30 (bylyn 212).
www.afriforumsport.co.za

Ledevoordele promosies