#OnsSalSelf

AfriForum-takke

Wat doen ons takke?

Die hoofdoelstelling van ’n AfriForum-tak is om gemeenskappe te organiseer, asook om projekte en aksies in die volgende fokusareas uit te voer:

  • Gemeenskapsprojekte
  • Gemeenskapsveiligheid
  • Plaaslikeregeringsake
  • Omgewingsake
  • Jeug
  • Gesondheid
  • Kultuur en toerisme

AfriForum-takbesture bestaan uit takbeamptes wat die doelwitte van elke fokusarea bevorder.

AfriForum-takke word deur AfriForum-lede gefinansier deur spesifiek skenkings aan hul plaaslike tak te maak. Sakeondernemings is ook welkom om ons takprojekte deur maandelikse skenkings te finansier om ’n beter en gesonder sakeomgewing in die betrokke dorp te verseker. Artikel 18A-sertifikate is op aanvraag beskikbaar.

Die kernfilosofie van AfriForum se strukture behels dat daar nie op die staat gewag word om gemeenskappe se probleme op te los nie, maar dat daar eerder ’n daadwerklike verskil deur selfdoenprojekte vermag word. Deur die krag van gemeenskappe saam te snoer, kan ons saam ’n vry, veilige en voorspoedige toekoms skep.

Selfdoen is beter as niksdoen: Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke!

Taksuksesse