Ledevoordele
AfriForum-lidmaatskap bied jou ook die volgende nuttige voordele:
Kommunikasiemiddele
Forum Tydskrif
Forum Tydskrif is propvol nuus oor die organisasie se burgerregteprojekte, -veldtogte en -aksies. Dis ’n ledetydskrif wat daarop gemik is om lede op verskillende terreine en oor allerlei gebeure ingelig te hou, maar ook te laat saampraat en saamdink.
Opsies volgens jou voorkeur:
- Geen tydskrif nie
- Gedrukte weergawe (gepos)
- Digitale weergawe (aanlyn)
Laat weet AfriForum by ledesake@afriforum.co.za of 086 10 200 30 van jou keuse.
Ledevoordele nuusbrief
’n Elektroniese nuusbrief wat AfriForum-nuusgebeure dek. Dit word elke derde Vrydag van die maand aan lede gestuur. Laat weet AfriForum dadelik by ledesake@afriforum.co.za of 086 10 200 30 wanneer jou e-posadres verander.
AfriForum 911 Noodknoppietoep
Kliëntediens (toepnavrae): 010 312 5790 (weeksdae 08:00 tot 17:00)
E-posadres: afriforum911@afriforum.co.za