Geregtigheid, magsmisbruik en rassisme

Privaat vervolging

AfriForum het ’n privaatvervolgingseenheid gestig onder leiding van adv. Gerrie Nel. Hierdie eenheid het ten doel om vervolging in te stel wanneer die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) sonder geldige redes versuim om persone (veral met politieke verbindings en hoë profiele) te vervolg.

Adv. Gerrie Nel het as staatsaanklaer bedank en vanaf 1 Februarie 2017 as hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid aangesluit. Suid-Afrikaanse wetgewing maak privaat vervolging moontlik in gevalle waar die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) besluit om iemand wat van ’n misdryf verdink word, nie te vervolg nie.