Ons driebeensuksesresep

Roeping

#AFRIFORUMSKEPTOEKOMS

Roeping is ons geheime wapen, aangesien dit aan ons die wete gee dat ons deur die genade van Bo die voorreg het om aan iets groter as bloot onsself te werk.

Uitvoerende vermoë

#AFRIFORUMKAN

Indien AfriForum en ander instellings van die Solidariteit Beweging nie oor die uitvoerende vermoë beskik om ons plan uit te voer nie, sal ons goeie plan net ’n kreatiewe skryfoefening wees.

Veg-en-bou-plan

#AFRIFORUMVEGENBOU

AfriForum skep ’n toekoms met ’n veg-en-bou-plan.

Ons waardes

Roeping

Ons bly almal mense met foute, maar ’n Godgegewe roeping gee aan gewone mense soos ons die deursettingsvermoë, energie en dryfkrag om selfs onder ongewoon moeilike omstandighede buitengewone sukses te behaal.

Respek

Selfrespek en respek vir ander is voorvereistes. Dit is in almal se belang om wedersydse erkenning en respek te vestig.

Selfbestuur

Die verantwoordelikheid vir my, my gesin, my gemeenskap en AfriForum se toekoms kan nie op ander mense afgeskuif word nie. Daarom neem ons self verantwoordelikheid vir die toekoms.

Ons vyf oorhoofse kernfokuspunte

Veiligheid

AfriForum se werksaamhede moet meewerk om ’n veilige samelewing te vestig waarin AfriForum se lede, ondersteuners en ander burgers veilig is en voel.

Selfstandigheid

AfriForum se aktiwiteite moet meewerk om selfstandigheid en groeiende selfbestuur te vestig onder Afrikaners en die gemeenskappe waarin hulle woon en werk

Kulturele identiteit

AfriForum se aksies moet meewerk om die Afrikaneridentiteit, -kultuur, -geskiedenis en die Afrikaanse taal te beskerm en uit te bou, sodat Afrikaners blywend en met behoud van hul identiteit as gemeenskap sal voortbestaan.

Geregtigheid

AfriForum se doel is om geregtigheid op verskeie vlakke te laat seëvier. Dié strewe na geregtigheid strek wyer as Afrikanerbelange en sluit ook geregtigheid in die samelewing as geheel in.

Organisasiebou

AfriForum, wat bloot ’n voertuig vir die bereiking van ’n groter doel is, moet so sterk moontlik wees om al die doelwitte te kan bereik wat ons wil najaag. Daarom is die versterking van AfriForum as organisasie ’n doelwit wat bereik moet word.

Hoofdeforum

Kallie Kriel

Uitvoerende hoof

Alana Bailey

Hoof: Kultuursake

William Waugh

Hoof: Organisasiebou

Monique Taute

Hoof: Veldtogte

Barend Uys

Hoof: Interkulturele samewerking

Marina Wiese

Hoof: Kommunikasie

Corli Thiebaut

Hoof: Finansies

Ernst van Zyl

Hoof: Openbare Betrekkinge

Francois Smit

Hoof: Hulpbronne

Frik Dreyer

Hoof: Bedryfsake

Nic Pieterse

Hoof: Innovering

Wimpie Vogel

Hoof: Besigheidsontwikkeling

Adéle Harmse

Bestuurder: Menslike hulpbronne

Anita Dupper

Bestuurder: Bemarking

Raymond Hohls

Hoof: Veiligheid

Tiaan Esterhuizen

Hoof: Gemeenskapsake