|

Wateropname

0

Water word toenemend ’n groter probleem in ons land, en daarom is dit noodsaaklik dat mense nie onkant gevang word nie en vroegtydig oplossings vir hul huishoudings vind. Wanneer ons verwys na gebruikswater bedoel ons water wat nie geskik is vir menslike gebruik nie, maar wel vir daaglikse take soos stort, bad, wasgoed en skottelgoed was. Dit is belangrik om eerstens te bepaal of jy ’n behoefte het aan gebruikswater, gevolg deur of jy ekstra bergingskapasiteit soos ’n JOJO-tenk by jou huis het. Die antwoorde op hierdie vrae kan ons help om beter te verstaan watter spesifieke wateroplossings jy benodig, aangesien iemand dalk water benodig maar nie voldoende stoorplek het nie.

Dus doen AfriForum hierdie opname om te sien of daar ’n aanvraag is vir ’n model om beproef te word.