|

Waterkwessies in ons land?

0

AfriForum ontvang toenemend meer navrae van regoor die land oor watertoegang en watergehalte. Hierdie bekommernisse onderstreep die dringendheid vir ’n meningsopname. In ’n land soos Suid-Afrika, waar water ’n skaars en kosbare hulpbron is, is doeltreffende bestuur van hierdie hulpbron van die uiterste belang.

AfriForum is oortuig daarvan dat die basiese reg op toegang tot skoon water en sanitasie in gevaar is. Hierdie gevaar spruit voort uit die swak toestand van ons natuurlike waterhulpbronne en die agteruitgang van die waterinfrastruktuur dwarsoor die land, en daarvoor het ons jou hulp nodig.

Laat weet ons wat die toestand van jou water is.