Veiligheid

Buurtwagte

Die waarde van buurtwagte is al oor en oor bewys, veral wanneer hulle saam met ander veiligheidstrukture soos gemeenskapspolisiëringsforums (GPF’s) en die SAPD werk.

AfriForum het reeds meer as 170+ buurtwagte reg oor die land op die been gebring en die teenwoordigheid van dié buurtwagte lei gereeld tot beter veiligheid, die voorkoming van misdaad en die aankeer van verdagte persone.

Maak ’n skenking aan die Veiligheidsfonds

Hierdie fonds stel ons in staat om ons gemeenskappe te beveilig. Geld word aangewend om bystand te lewer aan ons 170+ buurtwagte deur die aankoop van verkeerskegels, kolligte, patrollieligte, handradio’s , pepersproei, glimbaadjies, asook die oprigting van herlaaiertorings (radiotorings).

Mediaverklarings