Raak betrokke

Donasies

DRA TOT ONS PROJEKTE EN AKSIES BY

Baie dankie dat jy dit oorweeg om ’n skenking aan AfriForum te maak – enige bedrag is welkom en help ons om ons belangrike werk voort te sit. Ons waardeer dit opreg.

Gebruik “GivenGain” om ’n maklike, veilige aanlyn skenking te maak:

Dit is veral maklik vir internasionale en plaaslike ondersteuners wat graag ’n eenmalige of herhalende skenking wil maak.

Fondse

Vrae wat gereeld voorkom:

  1. Wanneer ’n testament opgestel of gewysig word, is dit belangrik om die erfgenaam se volle besonderhede te hê, veral as die erfgenaam ’n maatskappy is – soos AfriForum. AfriForum se volle besonderhede vir dié doeleindes is:

    AfriForum (MSW)
    Registrasienommer: 2005/042861/08
    Straatadres: Unionlaan 58, Kloofsig, Centurion, Pretoria
    Kontaknommer: 086 10 200 30
    E-posadres: navrae@afriforum.co.za

  2. Die eksekuteur (dit is die persoon wat die boedel beredder) kan dan die bogenoemde inligting gebruik om AfriForum te kontak om verdere inligting te bekom.
  3. Sommige lede of ondersteuners wil graag alternatiewelik of bykomend tot ’n geldelike bemaking ander roerende of selfs onroerende bates aan AfriForum bemaak. Dit sluit voertuie, waentjies, brandkarre, huise, woonstelle en dies meer in. Dié lede of ondersteuners is dan nie seker of hulle dit wel kan doen nie. AfriForum sal met groot dankbaarheid hierdie tipe bemakings aanvaar.
  4. Indien AfriForum as erfgenaam in ’n testament benoem word en die boedel word vasgevang in litigasie, ’n familietwis of enige ander hindernis, sal AfriForum nie betrokke kan raak by sulke gevalle as party of namens die boedel nie. AfriForum kan ook nie betrokke raak by die bereddering van die boedel nie, buiten om as erfgenaam van tyd tot tyd te help navraag doen nie.
  5. AfriForum het verskeie voordele wat aan lede gebied word, wat ’n testamentvoordeel insluit. Besoek gerus https://afriforum.co.za/ledevoordele vir meer besonderhede hieroor.

Heeltemal. Die veiligheid en vertroulikheid van jou inligting is ons hoogste prioriteit. Ons gebruik industriestandaard SSL- (secure socket layer) tegnologie om jou inligting te beskerm en ’n veilige omgewing vir aanlyn skenkings te skep. Ons sal jou persoonlike inligting nie aan enigiemand anders verkoop, dit verhandel of deel nie, of e-posse namens ander organisasies aan jou stuur nie. Ons sal jou persoonlike inligting slegs deel as jy ons uitdruklike toestemming gee om dit te doen. Sien ook ons privaatheidsbeleid.

Ja, ’n skenking aan ’n artikel 18A-goedgekeurde organisasie kan van belasbare inkomste afgetrek word. Dit geld slegs vir individue wat belasting in Suid-Afrika betaal.