Geregtigheid, magsmisbruik en rassisme

Nasionale Gesondheidsversekering

Nasionale Gesondheidsversekering-mandaat

Wat is nasionale gesondheidsversekering?

Nasionale gesondheidsversekering (NGV) kom daarop neer dat bestaande mediese skemas vervang word met ’n enkele, staatsbestuurde gesondheidsorgfonds wat met belastinggeld gefinansier word.

Waar staan NGV tans?

Die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering 20 van 2023 is op 15 Mei 2024 deur die president bekragtig, maar dit het nog nie in werking getree nie. Die datum van inwerkingtrede is ook nog nie bekendgemaak nie. Die wet voorsien dat NGV in fases in werking gestel moet word vanaf die datum van inwerkingtrede, maar die bepalings en tydsduur van elke fase is nog nie vasgestel nie.

Enkele probleme met die NGV-wet:

  • Dit gaan enorme belastingverhogings verg om in werking te stel.
  • Dit gaan mediese skemas verbied om dieselfde dienste te finansier as wat deur die NGV-fonds betaal word.
  • Privaat dokters en klinieke gaan dienste gratis by die punt van lewering moet bied en sal dan uitgelewer wees aan terugbetaling deur die NGV-fonds.
  • Pasiënte gaan nie self kan besluit om na ’n spesialis te gaan nie, maar sal eers deur ’n primêre versorger verwys moet word.
  • Pasiënte gaan nie na die fasiliteit van hul keuse kan gaan nie, maar sal al die nodige dienste moet verkry by die (naaste) fasiliteit waar hulle geregistreer is.

Waarom AfriForum teen NGV gekant is:

  • AfriForum glo in die reg en verantwoordelikheid van mense, gesinne en gemeenskappe om self besluite oor hul gesondheidsorg te neem. Hierdie vryheid mag nie deur die staat ontneem word nie.
  • Die NGV-wet bevat verskeie artikels wat teen die Grondwet en teen beginsels van die internasionale reg indruis.
  • AfriForum voorsien dat daar grootskaalse korrupsie kan plaasvind in enige poging om NGV in werking te stel.
  • Die inwerkingstelling van NGV sal waarskynlik tot ’n uitvlug van mediese kundiges na ander lande lei.
  • Daar is beter maniere om toegang tot gesondheidsorg in Suid-Afrika te verbeter.

Wat gaan AfriForum doen om NGV te stuit?

  • AfriForum gaan die minister van Gesondheid en die regering dagvaar vir die skade wat NGV aan die lewensgehalte van Suid-Afrikaners aanrig. Hiervoor gaan AfriForum deskundige getuies inroep om uit te wys hoe NGV nie die gestelde doelwitte bereik nie.
  • Voordat so ’n dagvaarding kan plaasvind, sal AfriForum bestaande hofaansoeke vir die tersydestelling van die NGV-wet ondersteun.
  • AfriForum help om openbare druk teen die regering se inwerkingstelling van NGV te handhaaf.

Mediaverklarings