|

Herwinningsprojek in Potchefstroom

0

AfriForum se Potchefstroom-tak loods ’n herwinningsinisiatief in samewerking met Deswalner Herwinning en die BPGP.

PROBLEEM:
Potchefstroom se vullisterrein is vol en onveilig, en vullis het ’n nadelige invloed op ons stad se skoonheid en veiligheid.

OPLOSSINGS:
AfriForum, Deswalner Herwinning, en die BPGP loods ’n herwinningsprojek. Dit begin in Bailliepark en daar word beoog om die projek stadswyd uit te brei.

HOE WERK DIT?

  • Deswalner hanteer al jou vullis en sorg dat slegs 30% daarvan vullisterrein toe gaan.
  • Geen sortering is nodig van jou kant af nie.
  • Die diens word kosteloos aangebied vir deelnemende huishoudings, afhangende van deelnamevlakke.

DESWALNER SE ROL:

  • Sorteer, herwin, en verwerk afval op verskeie maniere, insluitend die omskakeling na veevoer, brikette, biodiesel, en vloeibare kompos.
  • Hierdie benadering verminder die las op ons vullisterrein aansienlik.

JY KAN SÓ DEEL RAAK:

Voltooi hierdie skakel met jou naam, adres, en voorkeur vir vullisverwydering (dag en tyd).

Ons waardeer jou ondersteuning vir ’n volhoubare toekoms.