Petisie teen hidrobreking (fracking)
|

Petisie teen hidrobreking (fracking)

Hidrobreking verwys na die proses waardeur rotse met ’n hoëdrukvloeistof gebreek word om natuurlike gas vanuit die diep skalierotslae in die aarde se kors vry te laat. Die Departement van Bosbou, Visserye en Omgewing het voorgestelde regulasies vir aanlandige olie- en gas-eksplorasie en -produksie vrygestel, insluitend die gebruik van hidrobreking (“fracking”).

Help AfriForum om die Tshwane-metro tot verantwoording te roep.
|

Help AfriForum om die Tshwane-metro tot verantwoording te roep.

AfriForum se Noord van die berg-tak loods ’n petisie teen die Tshwane-metro namens lede in die Pretoria-Noord-omgewing. Die Tshwane-metro verrig tans geen instandhouding in die Wonderboom-poort en -duikweg nie. Dit is die hoofroete na Rachel de Beerstraat, wat mense gebruik om Pretoria-Noord binne te kom. Daar word gesloer met die voltooiing van die Areyeng-busstasie. Die…

Stop die aanslag teen Afrikaans, Afrikaanse skole en Afrikaanse kinders!
|

Stop die aanslag teen Afrikaans, Afrikaanse skole en Afrikaanse kinders!

Indien die beplande Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys aanvaar word, verloor gemeenskappe seggenskap oor Afrikaanse skole se taalbeleid, toelatingsbeleid, bestuur en finansiële besluite en vele ander sake waaroor gemeenskappe self moet kan besluit. Ons kinders en uitnemende Afrikaanse skole se toekoms is op die spel. Bring jou kant en voltooi die vorm om jou beswaar hierteen…

Staan Nelspruit se straatnaamveranderinge teen
|

Staan Nelspruit se straatnaamveranderinge teen

AfriForum staan die sinnelose besteding van belastingbetalers se geld teen. Die munisipaliteit wil weereens geld spandeer op onnodige projekte, terwyl basiese dienslewering en infrastruktuur verval. E-pos enige skriftelike kommentaar aan me. Cebisile Ngomane by Cebisile.Khoza@mbombela.gov.za. Ondersteun ons petisie en laat jou stem gehoor word.

Nuwe gesondheidswetgewingregulasies
|

Nuwe gesondheidswetgewingregulasies

AfriForum het op 5 Mei aangekondig dat dit sal voortgaan met regsaksie teen die voorgestelde wysigings aan die Nasionale Gesondheidswet 61 van 2003 en die Wet op Internasionale Gesondheidsregulasies 28 van 1974. Die nuwe gesondheidsregulasies sal tot gevolg hê dat die tydelike gesondheidsmaatreëls wat die regering tydens die ramptoestand ingestel het, voortaan permanent toegepas word….

Tokologo Munisipaliteit versuim om sy pligte na te kom.
|

Tokologo Munisipaliteit versuim om sy pligte na te kom.

Tokologo Munisipaliteit versuim om sy pligte na te kom. Die rioolplaas op Hertzogville funksioneer nie en veroorsaak dat rou riool in omliggende plase invloei en die grond en water besoedel. Dit het ’n groot impak op die omgewing, die diere asook op die beeste en skape se drinkwater en veroorsaak selfs siektes. AfriForum het jou…

End of content

End of content