|

Gaan Groen Knysna

Gaan Groen Knysna is ’n inisiatief wat met trots deur AfriForum se Omgewingsake-afdeling ondersteun word en ten doel het om Knysna en die omliggende omgewing te rehabiliteer ná die onlangse verwoestende brande. Die Tuinroete, waarvan Knysna deel vorm, is bekend vir sy natuurskoon en trek gevolglik jaarliks duisende toeriste. Hierdie rehabilitasieprojek beoog om in samewerking…

|

Ons vervolg

“Ek glo in die oppergesag van die reg. AfriForum se pasgestigte privaat vervolgingseenheid bied aan my die geleentheid om vanuit die burgerlike samelewing te help verseker dat geregtigheid seëvier, ongeag die posisie van die persoon wat aan korrupsie skuldig is. Ek en AfriForum is nou in ’n posisie om korrupte persone wat nie deur die…

|

Stel ’n kommissie van ondersoek in

Organisasies verenig: Adjunkpresident moet ’n kommissie van ondersoek aanstel Die burgerregtewaghond AfriForum, die Quaker Peace Centre en die FW de Klerk Stigting het vandag ’n aansoek in die Konstitusionele Hof gebring om Cyril Ramaphosa, Suid-Afrika se adjunkpresident, te gelas om ’n kommissie van ondersoek in te stel om bewerings van staatskaping te ondersoek. In hul…

|

Projek Nehemia

Wat is Projek Nehemia? Projek Nehemia is ’n projek met die doel om die veiligheid, vrede, voorspoed en selfbehoud van weerlose mense en minderheidsgroepe in Suid-Afrika te verseker deur daadwerklik tot die doeltreffende bekamping van geweldsmisdaad by te dra. Daarmee saam integreer dié projek verskillende gemeenskappe en veiligheidstrukture om saam geweldsmisdaad te bekamp en sodoende…

|

Meld slaggate, probleme by parke en stukkende straatligte in Pretoria aan

AfriForum word deur gemeenskappe genader om in te gryp waar munisipaliteite versuim om hul diensleweringspligte na te kom. Die vul van slaggate, die instandhouding van paaie, die skoonmaak van parke en die herstel van straatligte is vir AfriForum prioriteitsake en ons sal voortgaan om soortgelyke projekte aan te pak. AfriForum doen ’n beroep op Pretorianers…

|

Stop Zuma

  AfriForum begin burgerlike mosie van wantroue in president Zuma AfriForum stel ’n burgerlike mosie van wantroue in president Jacob Zuma bekend. Die mosie van wantroue is opgestel in die vorm van ’n aanlyn-petisie wat by die Speaker van die Nasionale Vergadering, Baleka Mbete ingedien sal word. AfriForum het ’n beroep op die breë publiek…

|

AfriForum Trauma-slagofferondersteuningseenheid

Die AfriForum Trauma-slagofferondersteuningseenheid lewer ’n baie unieke en persoonlike diens aan die slagoffers van geweldmisdaad en fokus veral op slagoffers van plaasaanvalle. Die eenheid bestaan sedert 2015 en het sedertdien uitgebrei weens die tempo waarteen misdaad en veral plaasaanvalle in die land toeneem. Kontaksessies met slagoffers is van kardinale belang en daarom staan lede van…

|

AfriForum staan Eskom se planne vierkantig teen

AfriForum se Alberton-tak staan Eskom se planne vierkantig teen. Eskom beplan sedert 2008 om hoëspanningskraglyne op te rig wat deur Alberton-middestad, die vleiland (wat natuurlewe sal beïnvloed) en ’n woonbuurt in die noorde van Alberton sal strek. Die munisipaliteit se besluit om Eskom se planne goed te keur, kan daartoe lei dat huiseienaars nie net…

|

Stop die ANC se haatspraak-wet

Die burgerregte-organisasie AfriForum het gedetailleerde insette ingedien oor die grondwetlikheid van die Wetsontwerp op die Voorkoming van Haatmisdade en Haatspraak. Kritiek teen die wetsontwerp sluit in dat dit ’n onregverdige beperking op vryheid van spraak plaas en die definisie van haatspraak só wyd is dat dit bykans enige belediging of aanstootlike opmerking strafbaar maak. Die…

|

AfriForum veg vir jou reg tot krag

AfriForum skep regsfonds om munisipaliteite en Nersa verantwoordbaar te hou vir Eskom-skuld AfriForum het ‘n uitgebreide strategie bekend gestel rakende die meer as R10,2 miljard se Eskom-skuld wat onskuldige Suid-Afrikaanse burgers benadeel. AfriForum volg ’n tweeledige strategie, waarvan die eerste gemeenskapsmobilisering insluit deur die aanmoediging van landswye protes, asook die rig van petisies aan elke munisipale…

End of content

End of content