Sê néé vir NGV
|

Sê néé vir NGV

AfriForum lewer op Dinsdag 15 Februarie vanaf 09:00 tot 10:15 ’n voorlegging voor die parlementêre portefeuljekomitee vir gesondheid ter afwysing van die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering. Die voorgestelde wetgewing kom neer op die nasionalisering en monopolisering van die gesondheidsektor en die gepaardgaande vernietiging van privaat mediese fondse. AfriForum gaan voor die parlementêre komitee aanvoer dat…

DIE MYNKWESSIE BY NASIONALE KRUGERWILDTUIN WEER AAN DIE GANG.
|

DIE MYNKWESSIE BY NASIONALE KRUGERWILDTUIN WEER AAN DIE GANG.

Die myn hou vernietigende gevolge vir die onmiddellike omgewing, die Krokodilrivier, natuurreservate, wildtuin, wildlewe, natuurskoon en landbou-aktiwiteite in. Mpumalanga kan as toeristebestemming ook ekonomies in duie stort as daar met onwettige mynbedrywighede voortgegaan word. AfriForum gaan met ’n proses begin om die beoogde myn te stuit. #BewaarOnsNatuur Steun AfriForum om hierdie mynmaatskappy teen te staan. Lees…

Sensus 2022 #WordGetel
|

Sensus 2022 #WordGetel

Registreer jou huishouding vir aanlyn of telefoniese data-insameling. AfriForum staan die regering se rasseklassifikasies teen. Ons moedig dus ons lede aan om op die 2022-sensusvorms onder die raskategorie “Ander” te kies en dan “Afrikaner” in te vul. Wat is ’n sensus? ’n Sensus is ’n volledige telling van die bevolking, wat insluit kinders, babas, hawelose persone…

Netflix, is my intekengelde te wit?
|

Netflix, is my intekengelde te wit?

Die aanlyn stroomvermaaklikheidsdiens Netflix het onlangs ’n beurs bekendgemaak vir nagraadse studente in 2022 wat kwalifikasies in die flim- en TV-genres nastreef. Een van die kwalifiseringsvoorwaardes is dat die aansoeker swart moet wees soos gedefinieer in die BBSEB-gedragskode. Ambisieuse wit studente wat vir dié  beurs wil aansoek doen sal onmiddellik afgewys word weens die kleur…

End of content

End of content