|

Gemeenskap van Parys stry teen watertekorte

0

AfriForum ondersteun die gemeenskap van Parys in hul stryd teen watertekorte.
Die gemeenskap eis onmiddellike optrede deur die Ngwathe Munisipaliteit, aangesien hierdie ’n skending van basiese menseregte is:

  1. Alle lekkasies moet onmiddellik en behoorlik deur ’n bevoegde kontrakteur herstel word.
  2. Die kontrakteur wat aangestel is om die waterbehandelingswerke te herstel, moet onmiddellik begin werk óf vir kontrakbreuk gedagvaar word, en ’n bevoegde kontrakteur moet aangestel word.
  3. ’n Kragopwekker moet onmiddellik aangekoop en geïnstalleer word.