|

Inwoners sê nee vir die verandering van dorpsname

0

Inwoners van Dr Beyers Naude Plaaslike Munisipaliteit sê nee vir die verandering van julle dorpsname.

Die Dr Beyers Naude Plaaslike Munisipaliteit het in ’n raadsvergadering genoem dat hulle die naam van Graaff-Reinet en drie ander dorpe in die omgewing wil verander.

Die munisipaliteit wil die volgende dorpe se name verander:

  1. Nieu-Bethesda
  2. Graaff-Reinet
  3. Aberdeen
  4. Adendorp

Hoe gaan AfriForum dit oplos of wat gaan julle doen:

  • Ons sal aan die openbare vergadering deelneem of besware en/of petisies indien of seker maak dit vind plaas.
  • Indien die name nog steeds verander word, kan ons ná die tyd ’n hersieningsaansoek indien as prosesse nie gevolg is nie of as daar onreëlmatighede was.