Wolmaransstad eis antwoorde van die Maquassi Hills Munisipaliteit.
0
AfriForum en die inwoners van Maquassi Hills, naamlik Wolmaransstad, Makwassie, Witpoort en Leeudoringstad, eis antwoorde van die Maquassi Hills Munisipaliteit oor swak en onbetroubare dienste. Kwessies waarvoor antwoorde gesoek word:
- Watervoorsiening wat tydig en ontydig onderbreek word.
- Elektrisiteit wat kort-kort af is vanweë verouderde netwerke en kabels wat blaas.
- Paaie wat in ’n baie swak toestand is en glad nie onderhou word nie, stormwaterstelsels wat verwaarloos is en die toestand van paaie vererger.
- Vullisverwydering wat op ’n lukrake wyse gedoen word en die stortingsterreine van Wolmaransstad, Leeudoringstad en Witpoort wat in ’n haglike toestand is en dringend aangespreek moet word.
- Riool wat in die strate afloop.
Die inwoners kan nie meer met hierdie toedrag van sake uithou nie en eis aksie.
Steun AfriForum se saak hier: